
Afrikaans
- Suiwer Goud (Pure Gold) - Aanhalings uit die heilige skrif
- Vyf Werklikhede Wat Jy Behoort te Ken
- Veiligheid, Sekerheid en Genot - deur George Cutting
- Christene wat in die Naam van die Here Jesus Byeenkom (Christians Gathered...)
Jesus Christus, die Seun van die lewende God, het 'n wonderlike belofte aan gelowiges gegee in Matthéüs 18 vers 20, "Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hulle midde". Die betekenis van hierdie belofte is dat Hy in realiteit die goddelike middelpunt is waar Christene saamkom. Word Hy dan onder alle omstandighede erken as Here, selfs in sake wat van minder belang is? Dit is ongelukkig nie altyd die geval nie. Tog is daar Christene wat slegs in die Naam van die Here Jesus saamkom. Elke Sondag vier hulle die nagmaal van die Here...
- Die Gemeente van God of Die Algenoegsaamheid van die Naam van Jesus - C.H. Mackintosh
In die huidige tyd, wanneer omtrent elke nuwe idee die middelpunt of ontmoetingspunt vir nuwe assosiasies word, kan ons nie anders as om goddelik gevormde oortuigings te verkry oor wat die gemeente van God werklik is nie. Ons leef in 'n tyd van buitengewone verstandelike aktiwiteit, daarom is daar 'n ernstige behoefte om die Woord van God kalm en biddend te bestudeer...
As Hy weer kom, as Hy weer kom,
kom haal Hy sy kinders;
al sy kinders wat in Hom glo,
om by Hom te wees.Ja, ons wag op die Here,
en ons sing tot sy ere.
Ja, Hy kom weer verseker
om ons te kom haal...
Links - Besoek se webwerf by:
- Afrikaans Tracts (Gospel tracts)
- www.chaptertwobooks.org.uk
- Online Bible in Afrikaans